Trots

Sonkrag

Die ontwerp van 'n sonkragstelsel om aan u vereistes te voldoen, is 'n gespesialiseerde taak wat deur 'n gekwalifiseerde persoon met voldoende ervaring in sonkraginstallasies verrig moet word. Olivia lewer hierdie diens teen 'n koste van R2 300,00, wat terugbetaalbaar is by die aankoop van die stelsel. Ons beveel ten sterkste aan dat u van hierdie diens gebruik maak, veral as dit u doel is om van dag een af van die netwerk af te gaan. Ons Ontwerp- en Kwotasiediens sluit in:

Powered by Froala Editor

Terreininspeksie
Installasie van ’n energiemeter wat rekord hou van u dag- en nag-elektrisiteitsverbruik oor ‘n aantal dae
Ontwerp van u stelsel deur 'n elektriese ingenieur
Kwotasie vir u stelsel met ’n gedetailleerde uiteensetting van materiaal
Alternatiewelik sal ons u voorsien van 'n gratis kwotasie gebaseer op 'n stelsel wat deur uself gespesifiseer is.

Premiumkwaliteit en diens sedert 2009!

Adres
Eenheid 17 & 18 East End Warehouse Park Fritz Stockenströmstraat 120 Bloemfontein